Fisant is 'n selfsorghuis in Boland Park, Diaz. Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en leefarea. Daar is 'n Queenbed in die hoofslaapkamer en in die 2de kamer, albei die kamers is seefront. Die 3de kamer het 'n dubbelbed. Daar is 1 volledige badkamer met n bad, stort, wasbak en toilet, badhanddoeke is beskikbaar. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en bevat 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 mense, en is oopplan met die sitkamer wat 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV het. Heerlike kuierstoep met 'n buite braai maar kan toegemaak met afrol seil indien die weer omstuimig is, ook is daar 'n groot groen grasperk met 'n pragtige uitsig op die see. Genoeg parkering, geen afdak of motorhuis Die eenheid is ongeveer 2km vanaf Diaz strand.