Tolbos in Hartenbos Heuwels bied gehalte-selfsorgverblyf vir vakansiegangers en dis ideaal vir 'n gesin of twee gesiine. Dit is ry afstand na verskeie winkels, restaurante, besienswaardighede en die opgegradeerde ATKV-Oord met sy pretpark geleƫ. 2.9km vanaf see Die eenheid beskik oor 4 slaapkamers met gemaklike slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, met n en-suite wat bestaan uit n toilet, wasbak en bad. Twee van die slaapkamers het n dubbelbed, en die vierde kamer bevat 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is vol toegerus met n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die oopplan-sitkamer bied gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Heerlike binne stoep en braai.
