Nagenoeg is 'n gerieflike huis in Hartenbos. Dié area spog met verskeie Blouvlagstrande, 'n waterpark teen die strandfront, en verskeie doendinge. Dis daarom die ideale somerswegbreek. Dié dubbelverdieping huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die onderste verdieping bestaand uit, oopplan kombuis, sitkamer, aparte eetkamer en binne braai area. Een slaapkamer met en-suite badkamer. Bo is 3 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer n en-suite badkamer het, en die ander 2 slaapkamers n badkamer deel. Twee van die slaapkamers loop uit op die stoep area waar daar ook n ingeboude braai en sit area is. 550m stap afstand van see af