Jadore la Vue is 'n selfsorg-woonstel wat die onderste verdieping van die eienaar se huis beslaan en 'n aparte ingang het, en is gelee op die veilige Avonddans Estate in Groot-Brakrivier geleƫ. Hierdie woonstel bied slaapplek aan 6 gaste, waarvan twee van die slaapkamers n ekstra lengte koninggrootte bed het en die derde kamer 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het n en-suite badkamer vir gaste se gerief met n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n twee deur yskas, mikrogolfoond, 'air fryer', en basiese eetgerei, breekware toegerus. Verder het de woonstel ook rusbanke, 6 seater etenstafel, 'sleeper couch' waar n 7de persoon (slegs kind) kan slaap, en 'n platskerm Smart-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leef area loop uit op n heerlike stoep waar gerieflike sitplek is vir gaste om die pragtige uitsigte oor die Outeniekwaberge te geniet. Daar is ook n draagbare braai, en n grasperk. Die woonstel het n aparte ingang vir Rolstoel vriendelik. Die verblyf is sowat 2,5 km vanaf Groot-Brakrivier se riviermonding wat dit die ideale plek vir natuurliefhebbers maak Indien slegs n kamer wil boek sal kostes wees R1900 per nag - Binne Seisoen R1200 - Buite seisoen op Aanvraag