C-plekki bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim huis 750m se stap vanaf die strand — ideaal vir 'n gesinswegbreek. Die huis het slaapplek vir tot 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en n volledige en-suite badkamer. Waarvan die tweede slaapkamer n Dubbelbed grootte bed het, derde kamer n dubbelbed en n enkelstapelbed, die vierde slaapkamer n enkel bed en n enkelstapel bed. Gaste deel tweede badkamer, met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n volledig toegeruste kombuis, insluitend 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, twee yskas-vrieskas kombinasie, eetgerei en breekware. Vir ekstra gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien asook tuimeldroeer beskikbaar. 'n Etenstafel langs die kombuis is perfek vir gesinsmaaltye. Die sitarea bied gemaklike sitplek en 'n Smart-TV met toegang tot YouTube en Netflix, tesame met gratis WiFi. Ontspan op die ruim patio, wat bykomende sitplek buite en 'n braai-area insluit - perfek om maaltye saam met geliefdes te geniet. Parkering agter geslote hek.