Point Village 11 is 'n selfsorghuis in Mosselbaai. Dit is die ideale gesinsvakansie-akkommodasie met alle geriewe naby, en die strand net 'n paar treë weg. Die huis bied pragtige see-uitsigte van die stoepie af. Die huis bestaan uit 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed, en die ander slaapkamer met 3 enkelbeddens in. Die sitkamer bied gemaklike meubels en 'n TV met DStv en WiFi. Die volledig toegeruste kombuis is gereed vir selfsorg en bestaan ook uit 'n skottelgoedwasser, en n yskas-vrieskas kombinasie. Huisie is als op gelyke vloer, maar daar is wel trappe buite om na stoep boontoe te gaan. Parkeering is voor huis, veilig en slegs vir 1 voertuig. Indien in Buite seisoen tydperk minimum 7 nagte boek is tarief R1400 per nag
